Genesis 47:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n deel van Farao aan hulle toegeken en hulle deel wat Farao aan hulle gegee het, geëet; daarom het hulle hulle grond nie verkoop nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die enigste landerye wat Josef nie opgekoop het nie, was dié van die priesters, want hulle het hulle kos van die farao gekry om van te leef sodat dit nie nodig was om hulle eiendom te verkoop nie.
Afrikaans 1933/1953 Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.
Afrikaans 1983 Hy het net nie die priesters se grond gekoop nie, want hulle het 'n vaste inkomste van die farao gekry en hiervan het hulle geleef. Daarom het hulle nie hulle grond verkoop nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net die landerye van die priesters het hy nie gekoop nie, want daar was van die kant van die farao 'n vaste toelaag vir die priesters. Hulle het genoeg te ete gehad van die vaste toelaag wat die farao vir hulle gegee het. Daarom het hulle nie hulle landerye verkoop nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het al die grond gekoop, maar nie die grond van die priesters nie, want die farao het altyd vir die priesters betaal en vir hulle kos gegee. Daarom het die priesters nie hulle grond verkoop nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Slegs die priesters se grond het Josef nie opgekoop nie. Hulle het ’n toelaag en kos van die koning ontvang en dit was nie nodig om hulle grond te verkoop nie.