Genesis 47:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josef het die hele Egipteland vir Farao gekoop; want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood hulle oorweldig het, en die land het Farao s'n geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op hierdie manier het Josef die hele Egipte vir die farao gekoop. Al die Egiptenaars het hulle landerye verkoop as gevolg van die swaar hongersnood. Dit het die farao se eiendom geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword. |
| Afrikaans 1983 | So het Josef al die grond vir die farao opgekoop. Al die Egiptenaars het hulle lande verkoop, want die hongersnood het hulle swaar gedruk. Die land het aan die farao behoort, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het al die landerye in Egipte vir die farao opgekoop; ja, elke Egiptenaar het sy saailand verkoop, want die hongersnood oor hulle was straf. Die land het toe die farao se eiendom geword, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het al die grond in Egipte vir die farao gekoop. Almal in Egipte moes hulle grond verkoop omdat hulle nie kos gehad het om te eet nie. So het dit gebeur dat die hele land die farao se grond geword het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het al die grond in Egipte vir die koning opgekoop. Omdat die hongersnood so groot was, het die Egiptenaars geen ander keuse gehad as om hulle grond te verkoop nie. Al die grond het toe die koning se eiendom geword. |