Genesis 47:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe daardie jaar verby was, het hulle in die tweede jaar na hom gekom en vir hom gesê: Ons sal dit nie vir my heer verberg hoe ons geld uitgegee is nie; my heer het ook ons troppe vee; daar bly nie iets oor in die oë van my heer nie, maar ons liggame en ons lande.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende jaar kom hulle weer en sê: “Ons kan dit nie vir u wegsteek nie: Ons geld is op en ons lewende hawe behoort nou ook aan u. Ons het niks meer oor nie as net onsself en ons landerye.
Afrikaans 1933/1953 Toe die jaar om was, het hulle na hom gekom in die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit vir my heer nie wegsteek nie, maar die geld is op en die besitting aan vee is my heer s'n. Daar het niks vir my heer oorgebly nie as net ons lyf en ons grond.
Afrikaans 1983 Aan die einde van daardie jaar, en die volgende jaar, het die mense weer by Josef gekom en vir hom gesê: “Ons kan dit nie vir Meneer wegsteek nie: ons geld is op en u besit reeds al ons vee. Ons het niks meer oor om vir u te bring nie, net onsself en ons grond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe daardie jaar om is, kom hulle toe die tweede jaar by Josef aan en sê vir hom: “Ons kan dit nie vir my heer wegsteek nie, maar ons silwer is opgebruik en ons veekuddes is by my heer. Daar het niks vir my heer oorgebly nie, behalwe ons liggame en ons landerye.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende jaar het hulle weer na Josef toe gekom en vir hom gesê: “Meneer, jy weet dat al ons geld op is en dat al ons diere nou aan Meneer behoort. Ons het niks oor om vir Meneer te gee nie. Ons het net ons lewe en ons grond, dit is al wat ons het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende jaar het dit nog slegter gegaan en die mense het vir Josef gesê: “Meneer, ons kan dit nie meer wegsteek nie en daarom wil ons eerlik vir Meneer sê dat ons niks het nie. Al ons geld is op en al ons vee behoort aan u. Al wat ons nou nog het, is ons liggame en ons grond.