Genesis 47:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hulle vee na Josef gebring, en Josef het aan hulle brood gegee in ruil vir perde en vir die kleinvee en vir die beeste van die beeste en vir die esels;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het toe hulle vee gegee. In ruil vir hulle perde, kleinvee, grootvee en donkies kon hulle minstens genoeg kos kry vir daardie jaar.
Afrikaans 1933/1953 Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle die jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.
Afrikaans 1983 Toe bring hulle hulle vee vir Josef, en hy gee vir hulle kos in ruil vir perde en kleinvee en beeste en donkies. Daardie jaar het hy hulle van kos voorsien in ruil vir al hulle vee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe hulle vee na Josef gebring, en Josef het vir hulle brood gegee in ruil vir perde, kleinveekuddes, beeskuddes en donkies. Hy het hulle daardie jaar deurgehelp met brood in ruil vir hulle hele veestapel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het toe hulle diere vir Josef gebring en Josef het vir hulle kos gegee. Hy het dit geruil vir hulle perde, skape, bokke, beeste en donkies. Hy het daardie jaar vir hulle kos gegee. Hy het dit geruil vir hulle diere.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het hulle dan hulle kuddes vir Josef gebring. In ruil vir hulle perde, skape, bokke, beeste en donkies het Josef vir hulle kos gegee. In daardie jaar het Josef kos vir die mense se vee begin ruil.