Genesis 47:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die geld in Egipteland en in die land Kanaän ontbreek het, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood, want waarom sou ons voor U aangesig sterwe? want die geld misluk.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die geld van die mense van Egipte en Kanaän op was, het hulle kom pleit vir kos: “Ons geld is op,” het hulle gekla. “Gee ons asseblief kos om te eet. Hoekom moet ons dan sterf?”
Afrikaans 1933/1953 En toe die geld in Egipteland en in die land Kanaän op was, het al die Egiptenaars na Josef gekom en gesê: Gee vir ons brood! En: Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die geld is gedaan?
Afrikaans 1983 Maar toe die geld in Egipte en in Kanaän opraak, het al die Egiptenaars vir Josef kom sê: “U moet vir ons kos laat kry. Waarom moet ons hier voor u doodgaan net omdat ons nie geld het nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe daar nie meer silwer in Egipteland en die land Kanaän was nie, het al die Egiptenare na Josef gekom en gesê: “Gee vir ons brood! Waarom moet ons hier voor u sterf omdat daar nie meer silwer is nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe daar nie meer geld oor was in Egipte en Kanaän nie, het die mense van Egipte na Josef toe gekom en vir hom gesê: “Gee asseblief vir ons kos. Ons het nie meer geld nie. As Meneer nie vir ons kos gee nie, dan sal ons hier by jou sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Naderhand het die mense van Egipte en Kanaän nie meer geld gehad nie. Hulle het alles op koring en kos bestee. Die Egiptenaars het toe vir Josef gesê: “Asseblief, Meneer, gee tog net vir ons kos. Ons het niks om u mee te betaal nie, want al ons geld is op. Moet tog net nie dat ons van die honger doodgaan nie.”