Genesis 47:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josef het al die geld bymekaargemaak wat in Egipteland en in die land Kanaän gevind is, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die huis van Farao gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef het baie geld ingesamel in ruil vir graan. Hy het die geld na die farao se skatkamers gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring. |
| Afrikaans 1983 | Josef het ál die geld van die land in die hande gekry toe die mense van Egipte en Kanaän daarmee kom graan koop het. Hy het die geld na die farao se paleis toe gevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het al die silwer wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, ingesamel in ruil vir die graan wat die mense kom koop het. Josef het die silwer na die farao se paleis geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het koring aan die mense van Egipte en Kanaän verkoop, en hy het al die geld gekry wat die mense gehad het. Hy het die geld na die farao se huis geneem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het al die geld in Egipte en Kanaän waarmee die mense vir die koring betaal het, in die paleis bewaar. |