Genesis 47:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was geen brood in die hele land nie; want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die hele land Kanaän beswyk het vanweë die hongersnood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het die hongersnood al hoe erger geword. Die mense van Egipte en Kanaän het swaar daaronder gely. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar was in die hele land geen brood nie, want die hongersnood was baie swaar, sodat Egipteland en die land Kanaän uitgeput was weens die hongersnood. |
| Afrikaans 1983 | Daar was nêrens meer kos in die land nie, want die hongersnood was swaar. Al die mense van Egipte en Kanaän het daaronder gely. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kos was nêrens in die land te kry nie, want die hongersnood was baie erg. Egipteland en die land Kanaän het versmag van die honger. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was baie min kos in die hele land, die hongersnood was baie swaar. Al die mense in Egipte en Kanaän het honger gely. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Intussen het die hongersnood so erg geword dat daar nêrens meer kos te koop was nie. Die mense van Egipte en Kanaän het al hoe swakker van die honger geword. |