Genesis 47:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josef het sy vader en sy broers en sy hele huisgesin met brood onderhou volgens hulle geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het ook volgens die getal afhanklikes aan sy pa en broers kos voorsien.
Afrikaans 1933/1953 En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.
Afrikaans 1983 Hy het sy pa en broers, sy hele familie met kinders en al, van kos voorsien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het sy vader en sy broers en sy hele familie van kos voorsien volgens die getal afhanklikes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het vir sy pa en sy broers en hulle kinders, vir sy hele familie, kos gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ook elke dag vir hulle gesorg. Daar was genoeg vir almal. Van die oudste tot die jongste het kos gehad.