Genesis 47:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josef het sy vader en sy broers geplaas en aan hulle 'n besitting gegee in Egipteland, in die beste van die land, in die land Raämses, soos Farao beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef het toe die beste deel van Egipte, die land van Rameses, aan sy pa en broers gegee om hulle daar te vestig, net soos die farao beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreek Raämses, soos Farao beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Josef het sy pa en broers in Rameses laat woon. Hy het vir hulle in die beste deel van Egipte eiendom gegee soos die farao hom beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het sy vader en sy broers woonplek gegee. Hy het aan hulle erfgrond gegee in Egipteland, in die beste deel van die land, in die gebied Ramses, soos die farao beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het vir sy pa en sy broers die beste deel van Egipte gegee om in te woon, soos die farao gesê het. Dit was by die stad Rameses en dit het hulle eie grond geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het sy pa en broers gehelp om in Egipte gevestig te raak. Hy het hulle in Ramses, die beste deel van Gosen, laat woon en toegesien dat hulle grondregte besit. En hy het gemaak soos die koning gesê het. |