Genesis 47:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom Josef en vertel dit aan Farao en sê: My vader en my broers en hulle kleinvee en hulle beeste en alles wat hulle het, het uit die land Kanaän gekom; en kyk, hulle is in die land Gosen.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het na die farao toe gegaan en aan hom gerapporteer: “My pa en my broers is hier van Kanaän af. Hulle het met al hulle kleinvee en grootvee en ander besittings gekom en is nou in die Gosenstreek.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in die land Gosen.
Afrikaans 1983 Josef is toe daar weg en hy het die farao gaan inlig. Josef het vir hom gesê: “My vader en my broers het met hulle kleinvee en grootvee en alles wat hulle besit, hier aangekom uit Kanaän. Hulle is nou in die Gosenstreek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef het gegaan, die farao ingelig en gesê: “My vader en my broers met hulle kleinvee en grootvee en alles wat aan hulle behoort, het uit die land Kanaän hier aangekom. Hulle is nou daar in die Gosenstreek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het na die farao toe gegaan en vir hom gesê: “My pa en my broers het van Kanaän gekom en hulle is nou in Gosen. Hulle het hulle diere en alles wat hulle het, saamgebring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het toe alles vir die farao gaan vertel en gesê: “My pa en my broers het toe uiteindelik veilig uit Kanaän hier aangekom. Hulle het al hulle vee en besittings saamgebring. Hulle woon op die oomblik in die omgewing van Gosen.”