Genesis 46:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hulle vee en hulle goed wat hulle in die land Kanaän gekry het, geneem en in Egipte gekom, Jakob en al sy nageslag saam met hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook hulle lewende hawe en al die ander besittings wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het, saamgeneem. So het Jakob en sy hele nageslag in Egipte aangekom:
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:
Afrikaans 1983 Hulle het hulle vee saamgevat en ook die ander besittings wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het. So is Jakob en sy hele nageslag weg Egipte toe:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het ook hulle vee en hulle goedere wat hulle in die land Kanaän bekom het, geneem, en in Egipte aangekom, Jakob en sy hele nageslag saam met hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het hulle diere saamgeneem en al die goed wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het. Jakob en sy hele nageslag saam met hom het na Egipte gegaan en hulle het daar aangekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook die veekuddes en al die besittings saamgevat wat hulle oor die jare in Kanaän bymekaargemaak het. Na ’n lang ruk het Jakob en al sy mense in Egipte aangekom.