Genesis 46:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het opgestaan van Berséba, en die kinders van Israel het hulle vader Jakob en hulle kinders en hulle vroue gedra op die waens wat Farao gestuur het om hom te vervoer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het gereedgemaak om vanaf Berseba te vertrek, en sy seuns het hom na Egipte toe gebring. Hulle het hulle pa, hulle kinders en hulle vroue op die waens laat klim wat die farao saamgestuur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Jakob weggetrek van Bers,ba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer. |
| Afrikaans 1983 | Toe Jakob uit Berseba wou vertrek, het die seuns van Israel hulle pa Jakob en hulle kinders en vrouens op die waens laat klim wat deur die farao gestuur is om op te ry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het gereedgemaak en vertrek uit Berseba. Die seuns van Israel het hulle vader Jakob, hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat die farao gestuur het om hom te vervoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het toe weggegaan uit Berseba. Sy seuns het hulle pa en hulle kinders en hulle vroue op die waens laat ry wat die farao vir hulle gestuur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob-hulle is ’n dag of wat later uit Berseba weg. Die seuns het Jakob, asook al die vroue en kinders, in die mooi Egiptiese waens van die farao gelaai. |