Genesis 46:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal saam met jou aftrek na Egipte; en Ek sal jou ook gewis weer laat opkom, en Josef sal sy hand op jou oë lê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan saam met jou Egipte toe, maar Ek sal julle weer terugbring. Wanneer jy sterf, sal Josef by jou wees om jou oë toe te druk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; en Josef sal jou oë toedruk. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan saam met jou Egipte toe, en Ek sal jou beslis weer hierheen laat terugkom. Wanneer jy sterf, sal Josef jou oë toedruk.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek self sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek self sal jou beslis ook weer laat optrek. En Josef, hy sal jou oë toedruk.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal saam met jou gaan na Egipte en Ek sal jou ook later weer laat terugkom hiernatoe. Wanneer jy sterf, sal Josef jou oë toemaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek trek saam met jou Egipte toe en eendag sal Ek jou weer laat terugkom. Josef sal vir jou sorg en wanneer jy die dag doodgaan, sal hy jou oë toedruk.” |