Genesis 46:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat julle moet sê: Die handel van U dienaars was van ons jeug af tot nou toe met vee, ons sowel as ons vaders, sodat julle in die land Gosen kan woon; want elke herder is vir die Egiptenaars 'n gruwel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet julle vir hom sê: ‘Ons was ons lewe lank veeboere, soos ons voorouers.’ As julle dit vir hom sê, sal hy julle hier in Gosen laat woon, want kleinveeboere word in Egipte verafsku.” |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders -- sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 'n gruwel. |
| Afrikaans 1983 | moet julle vir hom sê: ‘Van kleins af tot nou toe was ons veeboere, ons en ons voorvaders.’ Dan sal hy julle in Gosen laat woon, want die Egiptenaars het 'n afkeer van kleinveeboere.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet julle sê, ‘U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe – ons sowel as ons voorvaders’, sodat julle in die Gosenstreek kan woon, want alle herders van kleinvee is vir die Egiptenare afstootlik.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet julle sê: ‘Ons is nog altyd veeboere, vandat ons klein was. Ons oupas en pa’s was ook veeboere.’ Julle moet sê julle is veeboere, dan sal die farao sê julle mag in Gosen woon. Die Egiptenaars hou niks van veeboere nie en hulle wil nie naby veeboere woon nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet julle vir hom sê: ‘Ons is veeboere. Van die vroegste tye af tot vandag toe was ons en ons voorouers veeboere.’ As die farao dit hoor, sal hy julle in Gosen laat woon, want die Egiptenaars hou niks van kleinveeboere nie.” |