Genesis 46:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die manne is herders, want hulle ambag was om vee op te pas; en hulle het hulle kleinvee en hulle beeste en alles wat hulle het, gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal ook vir hom sê: ‘Hierdie mense boer met klein- en grootvee. Hulle het al hulle diere saamgebring en ook alles wat hulle besit.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En die manne is herders van kleinvee -- want hulle was veeboere -- en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring. |
| Afrikaans 1983 | Die manne is kleinveeboere, mense met vee, en hulle het hulle kleinvee en grootvee en alles wat hulle besit, saamgebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die manne is herders van kleinvee, ja, hulle was altyd veeboere. Hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het hulle saamgebring.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir hom sê julle is veeboere, julle boer met beeste, skape en bokke, en julle het alles saamgebring wat julle het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek wil vir hom sê my broers boer met kleinvee en hulle het al hulle vee en hulle besittings saamgebring. |