Genesis 46:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Josef aan sy broers en aan sy vader se huis: Ek sal optrek en Farao wys en vir hom sê: My broers en my vader se huis wat in die land Kanaän was, het na my gekom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josef sê vir sy broers en sy hele familie: “Ek gaan om vir Farao te vertel dat julle almal uit die land Kanaän aangekom het om saam met my te wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom. |
| Afrikaans 1983 | Josef het vir sy broers en vir sy hele familie gesê: “Ek wil vir die farao gaan sê my broers en my familie het uit Kanaän hier aangekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josef het vir sy broers en sy familie gesê: “Ek wil optrek en die farao gaan inlig en vir hom sê, ‘My broers en my familie wat in die land Kanaän was, het na my toe gekom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef het vir sy broers en vir sy hele familie gesê: “Ek sal nou vir die farao vertel dat my broers en my familie van Kanaän gekom het en dat hulle hier aangekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josef het vir sy broers en sy hele familie gesê: “Ek gaan nou reguit na die farao toe om vir hom te vertel dat my familie uit Kanaän hier aangekom het. |