Genesis 46:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef om sy aangesig na Gosen te rig; en hulle het in die land Gosen gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het Juda vooruit gestuur na Josef toe om hom te laat weet hy is op pad na Gosen toe. Nadat hulle daar aangekom het, |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat die voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het vir Juda vooruit gestuur na Josef toe om hom te laat weet dat hy op pad is na Gosen toe. Nadat Jakob-hulle in Gosen aangekom het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Juda het hy voor hom uit gestuur na Josef om vir hom die pad na Gosen te wys. Toe hulle in die Gosenstreek aankom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het vir Juda gestuur om voor hom na Josef toe te gaan om vir hom te sê dat hulle na die land Gosen kom. Hulle het in Gosen aangekom, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle naby Gosen was, het Jakob Juda gestuur om vir Josef te sê hulle is op pad. |