Genesis 46:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die seuns van Josef, wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele: al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was tien en sestig.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het ook twee seuns gehad wat in Egipte gebore is. In totaal was daar dus 70 lede van Jakob se familie in Egipte.
Afrikaans 1933/1953 En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was sewentig.
Afrikaans 1983 In Egipte was daar reeds twee seuns vir Josef gebore. Jakob se afstammelinge was dus altesaam sewentig, en hulle was in Egipte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was net twee. Al die persone van die huis van Jakob wat na Egipte gekom het, was sewentig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het ook nog twee seuns gehad wat in Egipte gebore is. Daar was 70 mense in Jakob se familie wat na Egipte gegaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Egipte is daar reeds twee seuns vir Josef gebore. Jakob se afstammelinge was dus altesaam 70, en hulle was in Egipte.