Genesis 46:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die siele wat saam met Jakob na Egipte gekom het, wat uit sy lendene gekom het, buiten die vroue van Jakob se seuns, al die siele was ses en sestig; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die getal direkte afstammelinge van Jakob wat saam met hom Egipte toe gegaan het, was 66, die vroue van die seuns uitgesluit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die siele wat aan Jakob behoort het en, uit sy heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam ses en sestig siele. |
| Afrikaans 1983 | Afgesien van die vrouens van Jakob se seuns was daar ses en sestig afstammelinge van Jakob wat na Egipte toe is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die mense van Jakob wat na Egipte gekom het, al sy direkte afstammelinge, met die uitsondering van die vroue van Jakob se seuns, was altesaam ses-en-sestig persone. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kinders en kleinkinders van Jakob wat saam na Egipte gegaan het, was almal saam 66. Die vroue van Jakob se seuns het ook saamgegaan, maar hulle het nie getel hoeveel vroue daar was nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Afgesien van die vroue van Jakob se seuns was daar 66 afstammelinge van Jakob wat na Egipte toe is. |