Genesis 46:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het, en sy het dit vir Jakob gebaar: al die siele was sewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die sewe seuns en kleinseuns wat Bilha vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Bilha vir sy dogter Ragel as slavin gegee.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.
Afrikaans 1983 Dit is die seuns wat Bilha vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het haar vir sy dogter Ragel gegee. Hulle almal saam was sewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die seuns van Bilha, wat Laban vir sy dogter Ragel gegee het. Sy het hulle vir Jakob in die wêreld gebring – altesaam sewe persone.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die seuns van Bilha, die slavin wat Laban vir sy dogter Ragel gegee het. Hulle was almal saam sewe mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die seuns wat Bilha vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Bilha vir sy dogter Ragel gegee. Hulle was altesaam sewe.