Genesis 46:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En God het met Israel gespreek in die naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy sê: Hier is ek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die nag het God in ’n visioen met hom gepraat. “Jakob! Jakob!” het Hy geroep. “Ek luister,” antwoord Jakob. |
| Afrikaans 1933/1953 | En God het tot Israel gespreek in naggesigte en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek! |
| Afrikaans 1983 | God het dié nag met Israel gepraat in 'n visioen en geroep: “Jakob, Jakob!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het met Israel in naggesigte gepraat; Hy het gesê: “Jakob! Jakob!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het in die nag gedroom dat God hom roep en sê: “Jakob!” En Jakob het geantwoord: “Hier is ek!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie nag by Berseba het God in ’n visioen met Israel gepraat. Hy het hom geroep: “Jakob, Jakob,” en Israel het geantwoord: “Hier is ek, Here.” |