Genesis 46:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het, en dit het sy vir Jakob gebaar, sestien siele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die sestien afstammelinge wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Silpa vir sy dogter Lea as slavin gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar. |
| Afrikaans 1983 | Dit is die seuns wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het haar vir sy dogter Lea gegee. Hulle almal saam was sestien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die seuns van Silpa, wat Laban vir sy dogter Lea gegee het. Sy het hierdie nageslag vir Jakob in die wêreld gebring – sestien persone. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was die seuns van Silpa, die slavin wat Laban vir sy dogter Lea gegee het. Hulle almal saam was 16 mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is die seuns wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Silpa vir sy dogter Lea gegee. Hulle was altesaam sestien. |