Genesis 46:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina: al die siele van sy seuns en sy dogters was drie en dertig.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit is die 33 seuns en kleinseuns wat Lea vir Jakob in Paddan-Aram in die wêreld gebring het. Sy het ook ’n dogter Dina gehad.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns en dogters was drie en dertig.
Afrikaans 1983 Dit is die seuns wat Lea vir Jakob in Paddan-Aram in die wêreld gebring het. Sy het ook 'n dogter Dina gehad. Hulle almal saam was drie en dertig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was die seuns van Lea wat sy in Paddan-Aram vir Jakob in die wêreld gebring het, en ook sy dogter Dina – altesaam, seuns en dogters, drie-en-dertig persone.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die seuns van Lea wat sy vir Jakob in Paddan-Aram gekry het. Sy het ook 'n dogter gehad, haar naam was Dina. Hulle almal saam was 33 mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die seuns wat Lea destyds nog vir Jakob in Paddan-Aram in die wêreld gebring het. Sy het ook ’n dogter, Dina, gehad. Hulle was altesaam 33.