Genesis 45:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan gou op na my vader en sê vir hom: So sê jou seun Josef: God het my aangestel as heer oor die hele Egipte; kom af na my toe, moenie vertoef nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak nou gou. Gaan terug na my pa toe en sê vir hom: ‘Dit is wat Pa se seun Josef sê: God het my heerser van die hele Egipte gemaak. Kom dadelik hierheen! |
| Afrikaans 1933/1953 | Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek u seun Josef: God het my 'n gebieder oor die hele Egipteland gemaak. Kom af na my, moenie versuim nie! |
| Afrikaans 1983 | Gaan dadelik na Pa toe en sê vir hom: ‘So sê Pa se seun Josef: God het my aangestel as regeerder oor die hele Egipte. Kom na my toe. Moenie talm nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maak gou en trek op na my pa. Sê vir hom, ‘So sê u seun Josef: “God het my aangestel as heer oor die hele Egipte. Trek af na my toe. Moenie talm nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Gaan nou dadelik na Pa toe en sê vir hom sy seun Josef sê: ‘God het my die hoof oor die hele Egipte gemaak. Pa moet na my toe kom, moenie wag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan dadelik na Pa toe en sê vir hom: U seun Josef sê: Pa, ek leef nog! God het my oor die hele Egipte aangestel en ek wil hê Pa moet onmiddellik na my toe kom. |