Genesis 45:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n nageslag op die aarde te bewaar en julle lewens te red deur 'n groot verlossing.
Afrikaans (NLV) 2011 God het my voor julle uit gestuur om voorsorg te tref dat julle en julle gesinne aan die lewe kan bly en sodat julle ’n groot nasie kan word.
Afrikaans 1933/1953 Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot 'n groot verlossing.
Afrikaans 1983 God het my voor julle uit gestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle nakomelinge te vestig op aarde, en om julle in die lewe te hou met die oog op 'n groot uitredding.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het my vóór julle gestuur om julle te help sodat daar van julle mense in die land kan aanhou lewe en sodat ek baie mense kan red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het my solank Egipte toe gestuur sodat ek vir julle kos kon bêre. So kon julle en ook Pa eet en bly leef. Hoe wonderlik werk die Here tog nie!