Genesis 45:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hierdie twee jaar was daar hongersnood in die land, en nogtans is daar vyf jaar waarin daar geen versnyding of oes sal wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Twee jaar hongersnood is verby, maar daar lê nog vyf jaar voor. In dié tyd sal daar nie geploeg en geoes kan word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daar was nou twee jaar hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land. Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, daar was nou al twee jaar lank hongersnood in die land, en daar is nog vyf jaar waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is nou die tweede jaar dat daar hongersnood in die land is. Dit sal nog vyf jaar lank so droog wees dat die mense nie sal kan ploeg en plant nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Twee verskriklike jare van hongersnood is al verby en vyf moeilike jare lê nog voor. Niemand sal op die lande werk nie en daar sal ook geen oes wees nie. |