Genesis 45:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees dan nou nie bedroef en nie kwaad vir julleself dat julle my hierheen verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om die lewe te bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar moenie julleself verwyt dat julle dit gedoen het nie. Eintlik is dit God wat dit bewerk het. Hy het my vooruit gestuur sodat julle lewens gespaar kon word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur. |
| Afrikaans 1983 | Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uit gestuur om lewens te red. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar moet julle nou nie ontstel en julleself verwyt omdat julle my verkoop het en ek hier beland het nie; want dit is vir die behoud van lewens dat God my voor julle uit gestuur het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie sleg voel en vir julleself kwaad wees omdat julle my verkoop het nie. God het my gestuur om voor julle hiernatoe te kom sodat ek mense se lewens kan red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie bang wees nie en moet julleself ook nie meer verwyt nie. Eintlik was dit God wat alles so laat gebeur het. Hy het my Egipte toe laat kom sodat ek julle in hierdie honger jare kan help. |