Genesis 45:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Josef aan sy broers: Ek is Josef; lewe my vader nog? En sy broers kon hom nie antwoord nie; want hulle was ontsteld voor sy aangesig.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek is Josef!” sê hy vir sy broers. “Leef Pa nog?” Maar sy broers was stomgeslaan, want hulle het baie bang geword.
Afrikaans 1933/1953 En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom.
Afrikaans 1983 Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef Pa werklik nog?” Sy broers kon hom nie antwoord nie, hulle was te bang vir hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê Josef vir sy broers: “Ek is Josef. Leef my pa nog?” Sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle het verbysterd voor hom gestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het vir sy broers gesê: “Ek is Josef. Lewe Pa nog?” Sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was te bang vir hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na ’n ruk het hy weer probeer: “Ek is Josef! Leef Pa werklik nog en is dit waar dat hy nog gesond is?” Sy broers was totaal en al stomgeslaan.