Genesis 45:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Israel: Dit is genoeg; My seun Josef leef nog: Ek sal hom gaan sien voordat ek sterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Jakob: “Dit moet waar wees! My seun Josef lewe regtig! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe. |
| Afrikaans 1983 | En hulle pa Israel het gesê: “Ek verlang niks meer nie. My seun Josef leef, en ek wil hom net sien voor ek sterf.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Israel sê toe: “Genoeg! My seun Josef leef nog! Ek wil gaan en ek wil hom sien voordat ek sterf.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en gesê: “Ek is tevrede. My seun Josef lewe nog. Ek wil gaan en ek wil hom sien voordat ek sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tot dié mate dat hy gesê het: “Ons het nou genoeg gepraat. My seun leef en ek wil hom nog sien voor ek sterf. Kom, laat ons onmiddellik Egipte toe gaan.” |