Genesis 45:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het hom al die woorde van Josef vertel wat hy aan hulle gesê het; en toe hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van hulle vader Jakob herleef.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe hulle Josef se boodskappe oordra, en toe hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te kom haal, het hy tot verhaal gekom.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword.
Afrikaans 1983 Toe vertel hulle vir hulle pa alles wat Josef vir hulle gesê het, en eers toe hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te kom haal, het hy begin belang stel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle dra toe aan hom al Josef se woorde oor wat hy vir hulle gesê het; en toe hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom op te laai, het Jakob, hulle vader, se gemoed opgeflikker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob se seuns het vir hulle pa alles vertel wat Josef gesê het. Toe Jakob die waens sien wat Josef vir hom gestuur het om op te ry, het hy opgewonde geword
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moes hom toe alles oor en oor vertel. Toe hy al die waens sien wat Josef saamgestuur het om hom te kom haal, het hy hulle begin glo. En dit was of hy ’n nuwe mens geword het.