Genesis 45:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hom meegedeel en gesê: Josef leef nog, en hy is goewerneur oor die hele Egipteland. En Jakob se hart het beswyk, want hy het hulle nie geglo nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Josef lewe nog!” sê hulle vir hom. “Hy is die heerser van die hele land Egipte!” Jakob was oorbluf deur hierdie nuus. Hy kon dit net nie glo nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle hom vertel: Josef lewe nog -- en dat hy regeerder is in die hele Egipteland -- het sy hart beswyk, want hy het hulle nie geglo nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het vir hom gesê: “Josef leef nog. Hy regeer oor die hele Egipte.” Jakob was stomgeslaan. Hy het hulle nie geglo nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het hom ingelig, “Josef leef nog!” en ook dat hy heers oor die hele Egipteland. Maar dit het hom koud gelaat, want hy het hulle nie geglo nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het vir hom vertel dat Josef nog lewe en dat hy die hoof is oor die hele Egipte. Jakob het groot geskrik en hy was baie ontsteld. Hy het hulle nie geglo nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By die huis aangekom, het hulle dadelik vir Jakob gaan sê: “Pa, Josef leef nog! En hy is die man wat oor die hele Egipte regeer.” Jakob was stomgeslaan en wou hulle eers nie glo nie. |