Genesis 45:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het toe sy broers weggestuur, en hulle het weggetrek, en hy het vir hulle gesê: Pas op dat julle nie op die pad uitval nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het sy broers afgesien, en toe hulle vertrek, sê hy vir hulle: “Moenie langs die pad begin stry nie!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad nie.
Afrikaans 1983 So het Josef sy broers teruggestuur, en by hulle vertrek het hy vir hulle gesê: “Moenie langs die pad bang word en begin twyfel nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het hy sy broers weggestuur, en hulle het vertrek. Hy het vir hulle gesê: “Moenie bang wees op die pad nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef het sy broers teruggestuur na Kanaän en hy het vir hulle gesê: “Moenie vir mekaar kwaad word en stry op die pad nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef het sy broers gegroet en vir hulle gesê: “Gaan nou reguit Kanaän toe en moenie op pad aan’t stry raak nie!”