Genesis 45:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het so gedoen: en Josef het vir hulle waens gegee volgens die bevel van Farao, en vir hulle kos gegee vir die pad.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob se seuns het toe so gemaak. Josef het waens aan hulle verskaf soos die farao beveel het. Hy het ook vir hulle genoeg voorrade vir die reis gegee.
Afrikaans 1933/1953 Die seuns van Israel het toe so gedoen; en Josef het vir hulle waens verskaf volgens die bevel van Farao en hulle padkos gegee vir die reis.
Afrikaans 1983 Die seuns van Israel het toe so gemaak. Josef het waens vir hulle saamgegee soos die farao beveel het. Josef het ook vir hulle padkos saamgegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seuns van Israel het toe so gemaak. Josef het hulle, volgens die opdrag van die farao, van waens voorsien. Hy het ook vir hulle padkos vir die reis gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die seuns van Jakob het toe gedoen wat die farao gesê het. Josef het vir hulle waens gegee soos die farao gesê het, en ook padkos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die broers het toe gemaak soos die farao gesê het. Josef het hulle die Egiptiese waens gegee asook genoeg kos vir die pad.