Genesis 45:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hardop geween, en die Egiptenaars en die huis van Farao het dit gehoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe bars hy in trane uit. Hy het so hard gehuil dat die Egiptenaars dit gehoor het en ook die mense in die farao se paleis. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. |
| Afrikaans 1983 | Hy het so hard gehuil dat die Egiptenaars en die mense in die farao se paleis dit gehoor het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hardop begin huil. Die Egiptenare het dit gehoor, ja, ook die huis van die farao het dit gehoor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het so hard gehuil dat die Egiptenaars en die mense in die farao se huis dit gehoor het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na ’n paar woorde het hy in trane uitgebars. Hy het so hard gehuil dat die Egiptenaars dit gehoor het. Selfs die mense in die farao se huis het dit gehoor. |