Genesis 45:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Nou is aan jou bevel gegee, doen dit; neem vir julle waens uit Egipteland vir julle kindertjies en vir julle vroue, en bring julle vader en kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verder beveel ek jou dat hulle waens uit Egipte moet saamvat om daarop hulle vroue en kinders en hulle pa hierheen te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy kry dan bevel -- doen dit: Neem vir julle uit Egipteland waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle vader en kom. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet hulle beveel: So moet julle optree: vat vir julle uit Egipte waens saam vir julle kinders en vrouens en laat julle vader op 'n wa ry en kom hierheen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En jy self het die opdrag om vir hulle te sê, ‘Dit moet julle doen: Neem vir julle waens uit Egipteland vir julle kinders en vroue, en gaan haal julle vader en kom! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou broers moet waens uit Egipte saamneem vir hulle kinders en vroue. Hulle pa moet ook daarop ry en hiernatoe kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die farao het voortgegaan: “Jou broers moet ook van ons Egiptiese waens saamneem sodat hulle die vroue en kinders daarop kan laai. Jou pa moet hulle ook op ’n wa sit en dan gou terugkom. |