Genesis 45:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En neem julle vader en julle huisgesinne en kom na My toe, en Ek sal julle die goeie van Egipteland gee, en julle sal die vet van die land eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en julle pa en hulle gesinne na my toe te bring. Sê vir hulle: ‘Farao sal die beste deel van Egipte aan julle gee. Van die room van die land sal julle geniet!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En gaan haal julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe, dan sal ek julle die beste van Egipteland gee; en eet die vettigheid van die land. |
| Afrikaans 1983 | Kry julle vader en julle gesinne en kom hier na my toe. Ek sal julle die beste deel van Egipte gee en julle sal die room van die land geniet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kry julle vader en julle huisgesinne en kom na my toe! Ek sal vir julle die beste deel van Egipteland gee, sodat julle die vettigheid van die land kan geniet.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet hulle pa en hulle families gaan haal en dan na my toe kom. Ek sal vir hulle die beste plek in Egipte gee, en hulle sal hier lekker kan lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet jou pa en hulle families vat en sonder versuim na Egipte toe terugkom. Ek sal hulle die beste deel van die land gee. Daar kan hulle lekker bly en daar sal altyd volop kos vir almal wees.” |