Genesis 45:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet my vader vertel van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het; en julle moet gou my vader hierheen afbring.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan vertel my pa hoe geëerd ek in Egipte is. Vertel hom wat julle alles gesien het en bring hom so gou moontlik hiernatoe.”
Afrikaans 1933/1953 Vertel my vader dan van al my heerlikheid in Egipte en van alles wat julle gesien het, en bring my vader gou hierheen af.
Afrikaans 1983 Julle moet vir Pa vertel van al my mag hier in Egipte en van alles wat julle gesien het. Maak gou en bring vir Pa hierheen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vertel vir my pa van al die aansien wat ek in Egipte geniet, en van alles wat julle gesien het. Maak net gou en bring my pa af hierheen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gaan vertel vir Pa ek is 'n belangrike man in Egipte. Vertel vir hom van alles wat julle hier sien, en maak gou, bring Pa na my toe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir Pa ek is onderkoning en vertel hom van al die wonderlike dinge wat julle hier gesien het. Julle moet reguit huis toe gaan en vir Pa gaan haal.”