Genesis 45:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kon Josef hom nie weerhou voor almal wat by hom gestaan het nie; en hy het uitgeroep: Laat elkeen van my af weggaan. En niemand het by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe kon Josef dit nie meer voor al sy personeel uithou nie. “Gaan uit, almal van julle!” beveel hy hulle. Daar was niemand anders teenwoordig toe Josef hom aan sy broers bekendstel nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
Afrikaans 1983 Josef kon homself nie langer bedwing voor die mense wat hom bedien het nie. Hy het hulle almal beveel om van hom af weg te gaan, en daar was van dié wat hom gedien het, nie een by hom toe hy hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josef kon hom nie langer bedwing voor almal wat langs hom staan nie, en roep toe uit: “Stuur almal uit, weg van my af!” Daar het niemand anders by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josef kon nie meer vir die mense wegsteek hoe hy voel nie. Hy het gesê al die ander mense moet weggaan van hom. Net sy broers het by hom gebly. Toe het hy vir sy broers gesê wie hy is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef kon dit nie meer langer hou nie en het vir die ander gesê om uit te gaan. Niemand anders was by nie toe Josef begin praat.