Genesis 44:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die geld wat ons in ons sakke gevind het, het ons na jou teruggebring uit die land Kanaän; hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van jou heer steel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Het ons dan nie die geld wat ons ’n vorige keer in ons sakke gekry het al die pad van Kanaän af weer teruggebring nie? Hoekom sou ons silwer of goud uit u meester se huis steel? |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel? |
| Afrikaans 1983 | Die geld wat ons die vorige keer in ons graansakke ontdek het, het ons uit Kanaän uit vir u teruggebring. Waarom sou ons dan goud of silwer uit die huis van u hoof steel? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, die silwer wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän vir u teruggebring. Hoe sal ons dan nou silwer of goud uit die huis van u heer steel? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het die geld wat ons bo in ons sakke gekry het, vir jou teruggebring uit Kanaän. Ons sal nooit silwer of goud uit jou meneer se huis steel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Meneer weet tog dat ons al die geld teruggebring het wat die vorige keer in ons sakke was. Ons het dit die hele pad van Kanaän af saamgedra. Waarom sal ons dan nou silwer of goud uit meneer Josef se huis wil steel? |