Genesis 44:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle uit die stad gegaan het, en nog nie ver nie, sê Josef vir sy bestuurder: Staan op, volg die manne agterna; en as jy hulle inhaal, sê vir hulle: Waarom het julle kwaad vir goed vergeld? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle was skaars buite die stad, toe sê Josef vir die bestuurder: “Jaag agter hulle aan en stop hulle. Vra hulle: ‘Hoekom het julle ’n goeie daad met kwaad vergeld? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde? |
| Afrikaans 1983 | Hulle was nog nie ver uit die stad uit nie, toe sê Josef vir sy hoofamptenaar: “Kom, sit die manne agterna. En as jy hulle ingehaal het, moet jy vir hulle vra: Waarom beantwoord julle die goeie met die slegte? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die stad verlaat, maar was nog nie ver weg nie, toe sê Josef vir die hoof van sy huishouding: “Maak klaar, sit die manne agterna en wanneer jy hulle inhaal, moet jy vir hulle vra, ‘Waarom het julle goed met kwaad vergeld? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die broers was nog nie ver van die stad nie, toe sê Josef vir die bestuurder van sy huis: “Volg daardie manne. As jy by hulle kom, dan moet jy vir hulle vra: ‘Hoekom doen julle slegte dinge aan my? Ek was goed vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle was net ’n klein entjie weg toe Josef die hoof van sy huis beveel: “Sit hulle agterna en as jy by hulle kom, moet jy sê: ‘Dit is darem nou vir jou stank vir dank! Waarom het julle die beker gevat? |