Genesis 44:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hoe sal ek opgaan na my vader toe, en die seuntjie is nie by my nie? dat ek nie miskien die onheil sien wat oor my vader kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe sou ek sonder die seun na my pa toe kon teruggaan? Ek kan dit nie verduur om daaraan te dink dat ek hom soveel smart sal aandoen nie.”
Afrikaans 1933/1953 Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!
Afrikaans 1983 Hoe kan ek sonder die seun by my pa aankom? Ek sal dit nie kan verdra om te sien dat so 'n smart hom tref nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hoe kan ek na my vader optrek, en die jong man is nie by my nie? Anders moet ek die ramp aanskou wat my vader tref.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek kan nie na my pa toe gaan as die seun nie by my is nie. Ek wil nie sien hoe ongelukkig my pa dan sal wees nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe kan ek sonder die seun na my pa toe teruggaan? Ek wil tog nie sien hoe hy dag vir dag wegkwyn van verdriet nie.”