Genesis 44:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat U dienaar dan nou tog bly in die plek van die seun, 'n slaaf van my heer; en laat die seun saam met sy broers optrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Asseblief, Meneer, laat my hier agterbly as u slaaf in die plek van die seun en laat hy saam met sy broers teruggaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek. |
| Afrikaans 1983 | Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun, maar laat hý saam met sy broers teruggaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | laat u dienaar asseblief dan nou in die plek van die jong man as slaaf van my heer agterbly. Maar die jong man, laat hy saam met sy broers optrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Meneer moet my asseblief hier in die seun se plek laat bly. Ek sal Meneer se slaaf wees, maar Meneer moet die seun saam met sy ander broers laat teruggaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat ek daarom eerder in die plek van die seun agterbly en ek sal lewenslank vir u werk. Laat die kind tog net saam met sy broers huis toe gaan. |