Genesis 44:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want U dienaar het by my vader borg gestel vir die seun en gesê: As ek hom nie na jou toe bring nie, sal ek die skuld vir my vader vir ewig dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Meneer, ek het my pa gewaarborg dat ek na die seun sal kyk. Ek het vir hom gesê: ‘As ek hom nie terugbring nie, sal ek vir altyd skuldig wees teenoor Pa.’
Afrikaans 1933/1953 Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.
Afrikaans 1983 Juda het verder gesê: “Ek het vir my pa gewaarborg dat die seun sal terugkom. Ek het belowe ek sal vir altyd by my pa in die skuld wees as ek die seun nie terugbring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aangesien u dienaar borg gestaan het vir die jong man by my vader deur te sê, ‘As ek hom nie na u terugbring nie, sal ek altyd teenoor my vader skuldig staan,’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir my pa belowe dat ek die seun goed sal oppas. Ek het gesê as hy nie terugkom na my pa toe nie, dan sal dit vir altyd my skuld wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “En, Meneer, ek het verantwoordelikheid vir hierdie seun geneem. Ek het vir my pa gesê: ‘As ek nie hierdie kind vir Pa terugbring nie, staan ek lewenslank skuldig voor Pa.’