Genesis 44:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As ek dan nou by U dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie; siende dat sy lewe in die seun se lewe verbind is; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nou, Meneer, ek durf nie sonder die seun na my pa toe teruggaan nie. Ons pa is baie lief vir die seun. |
| Afrikaans 1933/1953 | As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie -- terwyl sy siel innig aan hom verkleef is -- |
| Afrikaans 1983 | Wanneer ons dus by ons pa terugkom en die seun aan wie hy so geheg is, is nie by ons nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, as ek by u dienaar, my vader, aankom, en die jong man aan wie hy so geheg is, is nie by ons nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ek nou by my pa kom en die seun vir wie hy so lief is, is nie by ons nie, wat sal gebeur? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So, Meneer, as ek nou moet teruggaan na my pa toe en hierdie seun vir wie hy tog so lief is, is nie by nie, sal dit sy einde beteken. |