Genesis 44:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die een het van my af uitgegaan, en ek het gesê: Waarlik, hy is verskeur; en ek het hom nie sedertdien gesien nie:
Afrikaans (NLV) 2011 en dat een van hulle weggegaan het en nie weer teruggekom het nie. Ek dink roofdiere het hom verskeur, want ek het hom nog nie weer gesien nie.
Afrikaans 1933/1953 die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.
Afrikaans 1983 Die een is van my af weg en ek moes aanvaar dat 'n roofdier hom opgevreet het, en ek het hom tot nou toe nog nie weer gesien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: “Hy is sonder enige twyfel verskeur!” En ek het hom tot nou toe nie weer gesien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die een kind het weggegaan van my, en ek dink 'n wilde dier het hom opgevreet. Ek het hom nog nie weer gesien nie, tot vandag toe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een seun het net verdwyn. Tot vandag toe het ek hom nooit weer gesien nie en moet ek maar die storie glo dat wilde diere hom verskeur het.