Genesis 44:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie; as ons jongste broer by ons is, dan sal ons aftrek; want ons mag die man se aangesig nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het ons geantwoord: ‘Ons kan nie gaan nie tensy Pa toelaat dat ons jongste broer ook saamgaan. Ons sal nie toegelaat word om die man weer te sien as ons jongste broer nie by ons is nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie. |
| Afrikaans 1983 | het ons vir hom gesê: ‘Ons kan nie gaan as ons jongste broer nie by ons is nie. Net as hy saamgaan, kan ons gaan, want as ons jongste broer nie by ons is nie, sal die man ons nie weer daar ontvang nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ons het gesê, ‘Ons kan nie daarheen afgaan nie. As ons jongste broer by ons is, kan ons gaan, want ons sal nie die man se gesig kan sien as ons jongste broer nie by ons is nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en toe het ons gesê ons kan nie gaan as ons jongste broer nie saam met ons gaan nie. As ons gaan en ons jongste broer is nie by ons nie, dan mag ons jou nie sien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het oor en oor vir hom gesê: ‘Pa weet mos ons kan nie teruggaan nie. Ons kan net gaan as ons jongste broer saamgaan. Sonder hom wil die man ons nooit weer sien nie.’ |