Genesis 44:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy het vir jou dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie meer sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar u het gesê: ‘As julle jongste broer nie saamkom nie, mag julle my nie weer sien nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar u het vir ons gesê u wil ons nie weer sien as ons jongste broer nie hierheen kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het toe vir u dienaars gesê, ‘As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle nie weer my gesig sien nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Meneer het vir ons gesê as ons nie ons jongste broer saambring nie, dan mag ons nie weer vir Meneer sien nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U het egter aangehou en gesê: ‘As julle nie julle jongste broer saambring nie, wil ek julle nie weer sien nie.’ |