Genesis 44:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ons het vir my heer gesê: Ons het 'n vader, 'n ou man en 'n kind van sy ouderdom, 'n kleintjie; en sy broer is dood, en hy alleen het oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom liefgehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het gesê: ‘Ja, ons het ’n pa, ’n ou man. In sy ouderdom is ook nog ’n kind, sy jongste seun, gebore. Sy broer is dood. Hy alleen is oor van sy ma se kinders en sy pa het hom baie lief.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons het my heer geantwoord: Ons het 'n ou vader; en daar is 'n jong seun, 'n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief. |
| Afrikaans 1983 | en ons het vir Meneer gesê: ‘Ja, ons pa is oud. En op sy oudag het hy nog 'n jong seun wie se broer dood is. Die seun is die enigste wat van sy ma oorgebly het, en sy pa het hom lief.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ons het my heer geantwoord, ‘Ons het 'n ou vader en 'n jong broer, 'n kind van sy ouderdom. Sy eie broer is oorlede, en hy is al wat van sy moeder oorgebly het. Sy vader is lief vir hom.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ons het vir Meneer gesê ons het 'n pa wat al oud is en ons het nog 'n broer. Hy is die jongste. Hy is gebore toe ons pa al oud was en hy het 'n ander ma as ons. Haar ander seun is dood, en ons jongste broer het alleen oorgebly. Sy pa is baie lief vir hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het gesê dat ons wel ’n pa het en dat hy al oud is. Ons het u ook van ’n jonger broertjie vertel wat ons pa op sy oudag gekry het. En toe het ons ook gesê die jongste se enigste broer is ’n lang ruk al dood. Hulle twee was die enigste kinders van hulle ma en ons pa was baie lief vir die jongste. |