Genesis 44:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom Juda nader na hom en sê: Ag, my heer, laat U dienaar tog 'n woord voor die ore van my heer spreek, en laat U toorn teen U dienaar nie ontvlam nie, want U is soos Farao.
Afrikaans (NLV) 2011 Juda kom toe vorentoe en sê: “Meneer, laat ek asseblief iets sê. Moet tog nie vir my kwaad word nie. Ek weet dat u dieselfde gesag het as Farao.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom Juda nader na hom en sê: Ag, my heer, mag u dienaar tog 'n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.
Afrikaans 1983 Maar Juda het nader gekom na Josef toe en gesê: “Asseblief tog, Meneer! Laat ek tog net nog een keer iets sê. Moet tog nie vir my kwaad word nie! U is soos die farao self.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juda gaan toe nader aan hom en sê: “Asseblief, my heer, laat u dienaar tog persoonlik met my heer praat. Moet u nie vir u dienaar vererg nie; u is immers soos die farao.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Juda het nader gekom na Josef toe en hy het vir hom gesê: “Asseblief, Meneer, mag ek alleen met Meneer praat? Moenie kwaad word vir my nie, want jy is soos die farao.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Juda opgestaan en gepraat: “Ek smeek u, Meneer, luister na my. Ek wil u graag iets vertel. U is net soos die farao en ’n baie belangrike man, maar u moet tog nie nou kwaad of ongeduldig word nie.