Genesis 44:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê hy: Mag God my verhoed dat ek dit doen; maar die man in wie se hand die beker gevind word, hy moet my dienaar wees; en wat jou betref, staan in vrede op na jou vader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee,” sê Josef. “Net die man wat die beker gesteel het, sal my slaaf wees. Die ander kan maar teruggaan na julle pa toe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, die sal my slaaf wees. Maar trek julle in vrede op na julle vader. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Josef: “Dit laat ek nie toe nie. Dié een by wie die beker gekry is, sal my slaaf word, en julle kan ongehinderd na julle pa toe gaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy antwoord: “Ek sal so iets nooit doen nie. Die man by wie die beker gevind is, net hy sal my slaaf word. En julle, trek in vrede op na julle vader!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josef sê toe: “Ek sal dit nooit doen nie. Die man by wie die beker was, hý moet my slaaf word. Julle ander mag teruggaan na julle pa toe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Glad en geheel nie,” het Josef gesê. “Slegs die een wat die beker gesteel het, moet my slaaf word. Die res van julle kan maar na julle pa toe teruggaan. Niemand sal julle ook meer op die pad hinder nie.” |